| Notes |
- Johann Herbst (Herfst) was from Bremen. From 1686 he worked at the VOC cattle post in the Hottentots Holland. Herbst became a Free Burgher in 1690. He owned the farm Opperherfst, Bovlei, Wellington from 28 Februarie 1699 and transferred it to his son in law Johannes Vosloo on 13 April 1724
Johann Herbst and Cecilia van Angola baptised a child Angenietie on 19 Aug 1985 (witness was Margarita van de Caep).
Johann Herbst and Lijsbet Sanders (also known as Lijsbeth van de Kaap) lived together as man and wife. .
Lijsbet Sanders was previously a slave of Louis van Bengale, himself a former slave. He granted her her freedom, see Louis van Bengale or Lijsbet van de Kaap.
- Personalia of Germans at the Cape
JOHANN. - Bremen. In 1686 overseer of the Comp.'s cattle post in Hottentots Holland, later (1690) burgher at Drakenstein. + after 1728. A son, Johannes (2.9.1685), by Cicilia of Angola, two daughters by Lysbeth (Sanders) of the C.: Clara ~ Jan Harmensz Potgieter, Gerbergt (1.10.1702) ~ Johannes Vosloo. (V.R.S., vol. 12, p. 41; MR. Vrye Lieden of 1690; CJ 1125: 234, will in Stellenbosch Arch., vol. 649: 11; Inv. O.C. 2: 102; Test. O.C. 4: 147; MOOC 14/26 nr. 14.)
Stamouers.com
Johann Herbst (Herfst) was van Bremen. Hy het van 1686 gewerk by die VOC se veepos by die Hottentots Holland. Herbst het 'n burger geword in 1690. Hy het die plaas Opperherfst, Bovlei, Wellington vanaf 28 Februarie 1699 besit. Hy het hierdie plaas op 13 April 1724 na sy skoonseun Johannes Vosloo oorgedra.
Johann Herbst en Cecilia van Angola het 'n kind
Angenietie gedoop 19 Aug 1985 (getuie was Margarita van de Caep). Hoge en SAG maak die fout om haar Johannes te noem.
Johann Herbst en Lijsbet Sanders (ook bekend as Lijsbeth van de Kaap) het as man en vrou saam gelewe. Lijsbet Sanders se moeder was Lijsbet van Angola (volgens Mansell Upham).
Volgens Karel Schoeman was haar ouers - Abraham en Pladoor van Guinea.
Lijsbet Sanders was voorheen 'n slaaf van Louis van Bengale, en hy het haar vryheid gegee. Kyk ook onder Louis van Bengale.
Kinders
b1 Clara gebore c 1701 Wie was Clara se vader? Herbst of die Engelse knecht van Louis van Bengale - Teerling. Clara trou 1712 met Jan Harmensz Potgieter. Daar is ook 'n derde opsie van wie haar vader kon gewees het, Louis van Bengale (Schoeman). Hulle het drie dogters gehad Elisabet, Sibilla en Johanna. 'n Aantal van Clara se meer bekende nasate was pres. Paul Kruger, genl. Louis Botha, die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter en die bekende genl. Koos de La Rey.
b2 Gerbrecht gedoop 1 Okt 1702, X 2 Jan 1718 met Johannes Vosloo (Hulle het agt kinders gehad)
Johann Herbst sterwe na 1728. Lysbeth Sanders sterwe toe sy ouer as tagtig was in 1742/43.
Saamgestel deur:
Bron:
J.L. Hattingh: "Die Blanke nageslag van Louis van Bengale en Lijsbeth van die Kaap", Kronos Vol. 3, 1980, pp. 5-51.
|