| Notes |
- Arrived at the Cape on 6 May 1689 on the «i»Zion«/i»
As well as the two farms Picardie and La Brie Pierre had another farm in Paarl (name unknown) and the farm «i»Bourgogne«/i» in Olifantshoek (near Franschhoek).
On 30 Dec 1698 he was appointed deacon of the Drakenstein congregation and was an elder of the church.
- Gebore: Frankryk 1657 (waarskynlik in Bar-sur-Seine in Champagne as die seun van Pierre (de) Villiers en Elisabeth Secault). In die Kaap aangekom op 6.5.1689 aan boord van die Zion, Oorlede: op sy plaas Picardie et La Brie, Paarl 22.1.1720.
Behalwe die twee plase Picardie et La Brie het Pierre nog 'n plaas by die Paarl gehad, waarop daar geen geboue was nie (naam nie bekend), asook die plaas Bourgogne in Olifantshoek (teenswoordig Franschhoek). Die plaas is reeds in 1694 aan hom toegeken, maar hy het eers in 1713 die grondbrief ontvang. Ook op hierdie plaas was daar met Pierre se afsterwe nog geen geboue nie.
Pierre is op 30.12.1698 aangestel as diaken van die Drakensteinse gemeente en was ouderling vanaf 18.12.1700 tot 31.12.1708 en weer vanaf 10.12.1709.
Johannes Guilielmus de Grevenbrouk, boekhouer van die VOC en sekretaris van die Politieke Raad, het sy goue ring met granaatsteen aan Pierre bemaak. Volgens sy testament doen hy dit uit erkentenis vir die goeie behandeling wat hy destyds van die Protestante in Frankryk ontvang het. Dit is egter nie seker wat van die ring geword het nie, want Pierre is voor De Grevenbrouk oorlede.
Met sy afsterwe het Pierre, behalwe die vier plase, nog die volgende besittings gehad: 26 beeste; 180 skape; 3 manlike slawe; 1 ou wa met toebehore; 1 ploeg met toebehore; 20 leë lêers (van 582 liters elk); 2 lêers met wyn; 2 lêers met brandewyn; 1 ou brandewyn stookketel met sy slang; koperketels om kookwyn te maak; kiste; 'n tafel, stoele en banke; huismeubels en 10 muddens tarwe. Hy het ook skuld gehad van ƒ2 000;
Getroud: 1691 Marie Elisabeth TAILLEFER Gebore: Chateau Thierry, provinsie Brie, Frankryk 1674 Oorlede: Picardie et La Brie, Paarl 1735, begrawe Strooidakkerk begraafplaas, Dogter van: Isaac Taillefer en Suzanne Briet wat in 1688 met die Oosterland na die Kaap gekom het
|