Abraham de Villiers

Abraham de Villiers[1]

Male Abt 1659 - 1720  (61 years)


Personal Information    |    Notes    |    Sources    |    All    |    PDF

  • Name Abraham de Villiers 
    Birth Abt 1659  Bar-sur-Seine,,,,Champagne,France Find all individuals with events at this location  [1
    Gender Male 
    Death 31 Mar 1720  Lekkerwyn,Paarl,Cape,South Africa., Find all individuals with events at this location  [1
    Person ID I9880  My Genealogy
    Last Modified 27 Apr 2026 

    Father Pierre Villiers 
    Mother Elisabeth Secault 
    Family ID F302713146  Group Sheet  |  Family Chart

    Family Susanne Gardiol,   b. Bef 1669, La Coste,,,,Provence,France Find all individuals with events at this location 
    Marriage
    • _HTITL: Husband
    • _WTITL: Wife
    Family ID F954  Group Sheet  |  Family Chart
    Last Modified 17 May 2022 

  • Notes 
    • Gebore: Frankryk Circa: 1659 (waarskynlik in Bar-sur-Seine in Champagne as die seun van Pierre (de) Villiers en Elisabeth Secault), Oorlede: Lekkerwyn, Drakenstein 31.3.1720. As Hugenoot het hy die plaas Champagne in Olifantshoek (nou Franschhoek) ontvang.
      Abraham was 'n leier van sy gemeenskap.
      Op 28.11.1689 het hy ds Pierre Simond, Jacob de Savoye, Daniël de Ruelle en Louis Cordier na die Politieke Raad vergesel met 'n versoek van die gemeente van Drakenstein vir 'n eie kerk en kerkraad. Toe die Drakensteinse gemeente gestig is, is hy op 30.12.1691 saam met Pierre Meyer, Pierre Benezet en Pierre Rousseau as die eerste diakens aangestel. Sy tweede termyn as diaken het op 30.12.1701 begin. Vanaf 19.12.1705 tot 10.12.1709 en weer vanaf 24.12.1711 tot 17.10.1713 was hy ouderling. Die eerste kerkgebou van die Drakensteinse gemeente was baie klein en het later bouvallig geword. Op 21.3.1713 het die gemeente aansoek gedoen vir die bou van 'n nuwe kerk en 'n pastorie. Die versoek is ook deur Abraham, as ouderling, onderteken.
      Vanaf 24.12.1704 tot 24.12.1709 was Abraham 'n heemraad van Drakenstein. Hy het egter nie sy pligte getrou uitgevoer nie, want op 5.7.1707 het die landdros van Stellenbosch, Samuel Martiens de Meurs, gekla dat die heemrade, Anthonie van der Lith, Abraham de Villiers en Jan Schupping, hul plig versuim om die vergaderings van die landdros en heemrade van Stellenbosch by te woon. Die ander heemrade kon dan nie besluite neem nie en moes onverrigter sake terugkeer huis toe. Die Politieke Raad het besluit om 'n brief aan elkeen te skryf en hulle te versoek om die vergaderings by te woon.
      Op 14.8.1706 is Abraham aangestel as kaptein van die burger-kompanjie van Drakenstein. Op 12.9.1713 het hy egter aansoek gedoen om ontslaan te word aangesien hy meestal sieklik, baie swak en reeds hoogs bejaard was. Sy versoek is toegestaan en Matthys Krugel is in sy plek aangestel.
      Soos baie van sy medeburgers, het Abraham ook soms probleme met die inheemse bevolking en met sy bure gehad.
      Op 9 Junie 1702 het Abraham 'n klagte by die landdros van Stellenbosch ingedien teen die Hottentot kaptein bekend as Klein Kaptein. Hierin meld hy die volgende: die Hottentotte het sy hond doodgeslaan; hulle het 'n lam uit 'n hok gesteel; hulle het ook 'n vark uit die kraal gesteel (al die beeste het toe uit die kraal geloop, maar hulle het darem weer die beeste terug gejaag en die kraal toegemaak); hulle het ook 'n hamel gesteel uit die skaaptrop wat in die veld gewei het. Al hierdie insidente het in Junie 1701 plaasgevind. In Mei 1702 het hulle van 'n kraal oorkant die berg gekom en 'n os gesteel. Hy vermis ook 5 slagskape maar is nie seker wie dit gesteel het nie. Hierdie voorval het plaasgevind juis toe hy na die Goewerneur was om 'n klagte in te dien. Toe hy gaan navraag doen, het een van die Hottentotte hom toegeroep dat hulle die os in hul kraal in de Olyfantshoek opgeëet het. Ook in Mei 1702 het 'n Hottentot van hierdie kraal in sy huis ingekom. Hy het hom 'n klap gegee en gesê: "wat hebt gy
      In antwoord op hierdie aantygings het Klein Kaptein verklaar dat Abraham van sy mense se huise aan die brand geteek het en van hul beeste doodgeskiet het. Toe hy vir Abraham sê dat hy 'n klagte by die landdros gaan indien, het Abraham gesê dat hy dit maar kan doen: "de Landdrost zal geen Hottentots hooren, want de Heer (Landdros) geevd andere (vryliede) gelykd, siet, dat de vryluiden op de berg mogen gaan, op dat dié daar de Hottentots dood schieten of 't vee afneemen".
      Die Landdros en Heemrade se bevinding was as volg: Klein Kaptein het met 'n lang, omslagtige relaas erken dat een van sy Hottentotte dit gedoen het. Hy het gesien dat 'n Hottentot van die Haikwa-kraal die vark saamgeneem het. Hy het gesien dat een van sy Hottentotte, Oostiri, die hamel gesteel het. Hy weet niks van die os af nie, die skuldige is Jan Cook, en hy is nie van Klein Kaptein se kraal nie. Hy verklaar ook dat hy aan Abraham beeste aangebied het om vir die skade te vergoed, maar dat hy dit nie wou neem nie.
      In Februarie 1710 was Abraham met Jan Hofman in 'n stryd gewikkeld oor 'n swart merrie. Die saak het voor die sekretaris van die Landdros en Heemrade van Stellenbosch en Drakenstein gedien. Abraham het beweer dat die perd in 1707 deur 'n wolf verwond is. Hofman het beweer dat hy die perd in 1707 op die vandisie van Victor gekoop het vir 9 riksdaalders en 3 schellingen.
      Blykbaar het Abraham en Jacob de Villiers 'n saak teen Anthonie Lombard by die Landdros en Heemrade van Stellenbosch en Drakenstein aanhangig gemaak weens laster, want op 23.1.1717 verklaar Jean Jourdan en Paul Jourdan dat hulle nooit gehoor het dat Anthonie Lombard kwaad gepraat het van Abraham Villiers en Jacob Villiers of hulle vroue en dogters nie.
      In die stryd tussen die burgers en goewerneur W A van der Stel het baie burgers, hoewel hulle ontevrede was met die bestuur van die Goewerneur, tog die verklaring ten gunste van hom onderteken. Dit was ook die geval met Abraham wat verklaar het dat hy dit "uijt swakheijt en ten deele uit vreeze" geteken het. Hy het ook erken dat hy verskeie griewe teen die Goewerneur gehad het. Een daarvan was dat hy sy wa moes beskikbaar stel om vir hom riet aan te ry. In die proses het sy wa vier of vyf dae weggebly en sy osse was Seun van: moeg dat die een kort daarna dood is. Hierdie os het hom vyftig gulden gekos. Hy was ook ontevrede omdat hy baie probleme gehad het om wyn aan die Kompanjie te lewer. Vir twee agtereenvolgende jare is sy wyn deur die keldermeester afgekeur wat hom dan verplig het om die wyn, met groot skade vir homself, weer terug te neem.
      Behalwe Champagne het Abraham ook 'n paar ander plase besit. Op 9.5.1702 koop hy die plaas Meerrust by ds Pierre Simond en behou dit tot 1720. In 1708 het hy die plaas Boschendal uit die boedel van die weduwee Susanna de Vos gekoop en dit in 1717 aan sy broer, Jacob, verkoop. In 1716 het hy die plaas Lekkerwyn gekoop wat in sy boedel gebly het tot 1730, na die dood van Susanne Gardiol. Op 25.6.1721 is die plaas Champagne aan Anthonie Nortjé verkoop. Toe Abraham sy testament op 23.5.1715 opgestel het, was hy al siek. Daarin word onder andere melding gemaak van heelwat slawe en slavinne wat hy besit het;
      Getroud: 5.10.1689 Susanne GARDIOL vanaf La Costé, Provence, Frankryk, Oorlede: 1729, Dogter van: Antoine Gardiol en Marguerite Perrotette. Sy Getroud(2): 13.10.1721 Claude Marais Gebore: Plessis Marle, Frankryk 1662, boer Le Plessis Marle en Wel van Pas. Hulle het later na Tafelvallei verhuis waar hulle 'n huis gekoop het en redelik weelderig geleef het. Hulle het onder andere twee voëltjies in twee voëlkoutjies vir troeteldiere aangehou.
    • In 1708 he purchased the farm «i»Boschendal«/i» from the estate of the widow Susanna de Vos, and sold ito his brother Jacob in 1717

  • Sources 
    1. [S631] Christoffel C. de Villiers and Con De Villiers, Genealogy Of The De Villiers Family In South Africa, (ISBN 1-86918-099-22 - Published by Ancestry 24).